Die skoolbanke waaragter hy nog nou die jaar gesit het is nou net as. Letterlik as. Daar waar hy en sy gesin op spesiale middae gaan roomys het, is puin. Letterlik puin. En sy huis, die is 'n hoop bourommel.
Laat dit tog vir 'n oomblik insink ... die verwoesting van 'n gekroeide aarde waar alles wat jy geken het, alles wat jy huis noem, reduseer is tot 'n onsamehangende prentjie van ellende. Dis surrealisties om in Port Elizabeth op 'n skip te sit en beelde van die stad wat jy nou die dag nog huis genoem het, onsamehangend geherrangskik in tragiese tonele, op die tv voor jou te sien ...
Mariopol is aan flarde.
Die beelde wat oor die skerm flits wys mense wat stil vlug. Soos hul loop na êrens, praat hulle min. Elkeen het dit wat hulle kan dra onder die arm. 'n Tas, 'n bondel klere, sommige niks. Die seeman waarmee Danie gesels beaam dit alles. Hy is ewe stil. Sy skool, hul gunsteling roomys plek, sy huis – dis als weg.
Sy vrou en kinders het gevlug en is veilig, vertel hy dankbaar. Daar is vir hom niks om na terug te gaan nie en die gevolg is dat hy langer op die skip gaan bly om weer van voor af te begin. Dit waarvoor hy jare lank gewerk het, is weg.
Danie luister aandagtig. Sy taak is om hierdie seeman te help staande bly in die oomblik. Dis so maklik om self ook gereduseer te word tot pyn en as, as die wêreld om jou daarin verbrokkel het. En daarom spandeer Danie tyd, soveel tyd nodig, sonder haas of sonder om elke nou en dan skelm na sy polshorlosie te kyk. As hul eindelik saam bid, saam smeek, saam vra, is die oomblik gevul met emosies, maar ook met 'n tikkie hoop. Hoop dat daar tog uitkoms sal wees. Hoop wat die seeman vir die volgende paar dae sal dra in sy soeke, totdat hy weer in hawe aandoen waar iemand hom kan bemoedig.
U donasie maak dit moontlik vir ons om elke dag ons tyd vir seemanne te gee. Mag u nooit die waarde daarvan onderskat nie. Dis 'n reuse geskenk wat ons kan gee, omdat u met 'n oop hand gee. Daarvoor, ontsettend dankie.
Om 'n maandelikse donasie deur middel van debietorder te gee, kliek hier om die debietordervorm af te laai. Stuur die voltooide vorm terug aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Kliek hier vir die verskillende maniere wat u kan gebruik om ons te ondersteun.
Ons glo soms dat God ons nie kan gebruik nie. Daar is een of ander iets wat maak dat ons nie vir God goed genoeg is nie. Te sondig, te kort, te maer, te lank - enigiets wat ons uit God se oog hou. Ons sal waarskynlik bitter selde aan onsself dink as 'n geloofsheld.
Ester was 'n weeskind. Sy was ook 'n Jood. Eintlik het alles teen haar in die lewe getel. Geen ouers, geen sosiale stand, armoedig. Sy was 'n “niks”. Daar was geen manier wat sy iewers in die lewe sou kom nie. Dit het in daardie tyd van die geskiedenis gewoon nie so gewerk nie.
Ester se verhaal is een van swaarkry, verraad, konflik, desperaatheid, rampspoed, wonderbaarlike redding en die belangrikste – die hand van God in die verhaal. Mordegai sê dat Ester koningin word, vir God se doel. Sy is uiteindelik die een wat die volk red. In ester 7:3 praat sy namens die volk om te verseker dat die volk gered word. Kyk net hoe het God met die verhaal gewerk: hierdie onbelangrike meisie wat alles teen haar gehad het, gebruik God in Sy voorsienigheid om die verskil te maak. God het voorsien dat die moontlike uitwissing van die volk 'n oorwinning geword het.
En u? Dink u ook u is nie goed genoeg vir God en Sy werk nie? Dat uself nie 'n geloofsheld is of ooit kan word nie? Kyk weer mooi na die verhaal van Ester. Sy was nie werd om die Here te dien nie, maar die Here het haar gebruik. Sy het wel 'n groot verskil as koningin gemaak. U is ook 'n CSO geloofsheld. U deel aan die werk van die CSO maak u 'n geloofsheld. Dan maak dit nie saak hoe groot of klein die aandeel is nie, dit is God wat daarmee werk.
Ons weet u is 'n gereelde donateur, maar oorweeg dit asseblief biddend om 'n maandelikse geloofsheld te word indien u nog nie een is nie. Dit sal ons ontsettend baie help.
Om 'n maandelikse donasie deur middel van debietorder te gee, kliek hier om die debietordervorm af te laai. Stuur die voltooide vorm terug aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Kliek hier vir die verskillende maniere wat u kan gebruik om ons te ondersteun.
Om 'n lewe te reduseer tot 'n blote pion op 'n skaakbord – dis wat oorlog doen. Dit vee lewens uit asof waardeloos, nietig en onbelangrik. In die melankolie van bomme wat ontplof, is die skade onherstelbaar. Dit negeer wat in 'n leeftyd bereik is.
Daar staan 'n kaptein uit Oekraïne voor Loffie in Richardsbaai. Hy het sy lewe passievol daaraan spandeer om van rang na rang tot in die kapteinskantoor van die skip te vorder. Dit, sodat hy vir sy familie 'n huis kon bou en 'n lewe kon gee.
Nou, is dit als gereduseer tot pyn, puin en as. Die laaste nuus oor sy gesin was via vriende. 'n Kriptiese blitsboodskap wat noem dat hul veilig is. Hulle is saam met ander familie in 'n bomskuiling vasgekeer as teenvoeter vir die Russiese bombardement wat sonder diskriminasie, ongeag of jy goed of sleg, oud of jonk, skuldig of onskuldig, pro of teen is, uit die hemele op hul stad neerreën. Op daardie stadium was hul reeds agttien dae in die skuiling ...
Sedertdien niks.
Nie 'n boodskap van ja ons lewe, of een wat die mees gevreesde nuus oordra nie...
Net niks.
Kommunikasie na Oekraïne is byna onmoontlik. Deel van die Russiese strategie was om selfoontorings en alle vorme van kommunikasie te elimineer. En dié het hulle gedoen ..
Dus as die kaptein voor Loffie staan is dit in 'n staat van absolute weemoed. Daar is 'n miljoen vrae ... geen antwoorde nie. Die angs daarvan is allesomvattend. Wanneer die nuus die brutaliteit van lyke wat soos weggooigoed deur strate gestrooi lê wys, soek jy onwillekeurig na iemand of iets wat jy dalk ken. Dalk 'n skoen wat onder die stuk plastiek, wat die grusaamheid van dood deur oorlog moet verbloem, uitsteek. Dalk is dit haar blou stewels waaroor jy haar altyd gespot het wat daar uitsteek, dalk jou seun se nuwe tekkies waarvoor hy so lank geskimp het en jy maar loop koop het voor jy weg is? Want, as jy niks van jou familie hoor nie, niks weet nie, is daar onder elke stuk plastiek wat die gruwel van dood deur oorlog probeer sagter maak, die moontlikheid dat die een onder die seil een van joune is.
Laat die gewig hiervan vir 'n oomblik insink.
Om 'n maandelikse donasie deur middel van debietorder te gee, kliek hier om die debietordervorm af te laai. Stuur die voltooide vorm terug aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees..
Kliek hier vir die verskillende maniere wat u kan gebruik om ons te ondersteun.
Ons waardeer jou donasie, ondersteuning!
Loffie Schoeman
Richardsbaai
Die skip is uit China. Die verwagting as Loffie die bopunt van die allemintige stel trappe geklim het, is dat 'n Chinese bemanning hom sal inwag. In stede, is die kraakstem aksent oor die draadloos kenmerkend, en nie uit die Land van die Rooi Draak wat uit Beijing regeer word nie. Die rol van die r're, die 'v' wat 'n 'w' word, die 'ie' in plaas van 'i' - als onlosmaakbaar van hulle geregeer uit Moskou. "Kepten, we have a shiep wisitor on the wessel".
'n Rus is anders as so onlangs as 'n paar weke terug. Jy sou seker nie verkwalik kon word as jou eerste instink opstand sou wees nie. Woede selfs - vir die anargie en bloedvergieting. Asof die jurie reeds uit is en besluit het – al wat Rus is, is aandadig!
Loffie sit saam met 'n verenigde nasies van bemanning uit China, Mianmar, Rusland en ander in die eetsaal – hulle bespreek die jammer toestand van die wêreld. Die atmosfeer is gedemp. Die wêreld blyk 'n slegter plek te wees as maar 'n paar weke terug. Tradisioneel sou Russiese seemanne eerder so 'n saamtrek vermy, vernaam met die stapel Bybels wat Loffie netjies op die tafel maak staan het. Maar die wêreld is nou anders ...
As die Russe op hul beurt met ryk Russiese aksente verduidelik, vra en wonder, dan skielik sien jy mens. Hulle vrees ook, wonder ook, voel ook verdwaal. Hulle is wêrelde van die bombastiese, magsugtige, selfgesentreerde individue wat in die afgelope maande bloeddorstig die nuus oorheers het. Hulle het families, 'n dogtertjie van tien, 'n ma in 'n ouetehuis, 'n vrou waarvoor hulle lief is, drome ...Hulle is dit verslae eens: "Ons President het sy kop verloor". Die kollaterale gevolge van 'n magsdronk man op elkeen van hulle se bestaan is definitief en weeg swaar op elkeen se gemoed.
Op baie skepe werk Rus en Oekraïner as broers, hand aan hand. Hierdie vriendskappe is skielik onder beleg. As versorger en broodwinner, is dit nou bykans onmoontlik om jou salaris huis toe te stuur weens sanksies. Van hul landgenote dryf op die oopsee rond, oppad na nêrens nie. Russiese skepe word oral die rug gekeer. Kosvoorrade raak skraps. Vlugte huis toe is onmoontlik. En elke besoeker aan die skip blyk dit eens te wees: Per assosiasie is elke Rus aan boord aandadig, die skuim van die aarde ...
Binnekort sal Russiese seemanne oor die wêreld verstrooi wees. Wanneer hul kontrakte verstryk sal die pad huis toe haas onbegaanbaar wees. Om weer 'n werk te kry, anders as op 'n skip met 'n Russiese vlag, sal moeiliker as moeilik wees. Eindelik onmoontlik.
Die logiese keuse sou wees om hierdie brief oor die puin en as in die Oekraïne te skryf. Maar die punt is dit: Die Evangelie sien nood sonder vooroordeel. In komende maande sal ons kapelane ontsettend hard werk om hulle, geraak deur die konflik, by te staan. Nie net deur aan hulle die Evangelie te bedien en saam met hulle te bid soos in die geval van hierdie bemanning nie, maar ook deur praktiese hulp, in terme van finansiële nood, reisbeperkings, kosvoorrade, kommunikasie en dies meer. Die nood is emosioneel en geestelik, maar dit is ook fisies. Met die hulp van vennote sal ons onverpoos doen wat gedoen moet word, en dit in naam van Hom wat vir elkeen genade en hoop gee, ongeag Rus of Oekraïner.
U is 'n onlosmaakbare vernoot in ons pogings om te help! U finansiële bydrae sal 'n tasbare verskil maak vir hulle geraak deur die konflik. Daarom, meer as ooit, wil ons u vra om ons met 'n oop beursie te ondersteun. Dit is waar die nood nou is en dit is waar u en ons nou nodig is.