Jou hand op 'n seeman se skouer.
“Seerowers”: Wie sou ons verkwalik as die eerste gedagtes wat by ons opkom kinderstories en fabels is –...
Rina Hugo, Johan van Rensburg en Carike Keuzenkamp het geen bekendstelling nodig nie. Hulle is geliefde kunstenaars wat ons vir baie jare al vermaak. Al drie kunstenaars is vir jare betrokke by die CSO, nie net as kunstenaars wat vir ons optredes gedoen het nie, maar ook as donateurs.
In werklikheid was hulle, as gevolg van die feit dat hulle so in die openbare oog was, vir CSO so stil-stil ambassadeurs! Hulle het letterlik honderde konserte, oggendtees, eredienste en seniorburger vertonings vir ons gedoen waar die platvorm geskep is om CSO bekend te stel. Wat ‘n geseënde vennootskap. Ons is dankbaar.
Omdat hulle nie meer optredes doen nie, het ons gevoel om hulle meer prominent op die voorgrond te plaas as ons GELOOFS-AMBASSADEURS (met hulle toestemming natuurlik).
Dit beteken dat julle via hulle sosiale media bladsye (Facebook) meer gereeld ook van CSO se stories sal hoor. Gaan volg gerus vir Rina en Carike op hulle Facebook blaaie! Ons sien julle daar sowel as op ons Facebookblad en Instagramblad.
En word assblief dan vir ons 'n geloofsheld deur ook betrokke te raak, hetsy deur jou donasie, gebede of warmharte projek.
Hier is Rina wat 'n bietjie praat oor ons werk.
“Seerowers”: Wie sou ons verkwalik as die eerste gedagtes wat by ons opkom kinderstories en fabels is –...
Dis ‘n ou, lendelam, ertsdraer... Die roes, verval, verniel en verweer, verkondig dat die skip se...
Kopiereg © 2025. Christelike Seemansorganisasie. Alle Regte Voorbehou. | PAIA & POPIA Dokument | Webblad ontwikkel deur Mattelo