+27 21 551 2694 cso@mweb.co.za

Die poskaart is van 'n jong ma en haar dogtertjie wat in brons verewig, in afwagting na die see staan en staar. Hul hou wag op die kaai in Odessa, die seeman-hoofstad van die Oekraïne.

Die bronsbeeld herinner aan 'n tragedie – 'n tragedie waar vrouens, dogters en ouers vergeefs op die kaai staan en wag het – staan en wag het vir 'n skip wat toe nooit opgedaag het nie. Staan en wag het vir pa’s, kinders, eggenote - pa’s, kinders en eggenote wat nooit gekom het nie ...

Die poskaart is van 'n jong ma en haar dogtertjie wat in brons verewig, in afwagting na die see staan en staar. Hul hou wag op die kaai in Odessa, die seeman-hoofstad van die Oekraïne. Die bronsbeeld herinner aan 'n tragedie – 'n tragedie waar vrouens, dogters en ouers vergeefs op die kaai staan en wag het – staan en wag het vir 'n skip wat toe nooit opgedaag het nie. Staan en wag het vir pa’s, kinders, eggenote - pa’s, kinders en eggenote wat nooit gekom het nie ...

Op 'n ander plek weer staan 'n dogtertjie, twee voet hoog, swart hare, glinsterogies op 'n lughawe met 'n blom, wat sy waarskynlik self êrens met al die liefde wat in hierdie wêreld is, uitgesoek en gepluk het. As die elektroniese deure geluidloos oopgly probeer sy op haar tone koekeloer vir wanneer hy kom ... In die oomblik van waarheid huiwer sy vir 'n breukdeel van 'n sekonde - sy het hom immers maande laas gesien, 'n leeftyd terug as jy drie of vier is. Maar dan weet sy dat dit die man is wat sy elke aand mis as haar ma haar bedtyd stories lees. Sy weet dis hy waarmee sy soms op 'n krakerige telefoonlyn praat as dit 'n spesiale dag is.

Sy weet. En dan hardloop sy. Die blom vergete. En as sy haar pappa om die nek vat is dit sonder oordeel, sonder verwyt oor waar hy was, met die bedoeling om hom nooit weer te laat gaan nie. En dan huil hulle. Pa, ma wat nou opgehou het om die trane te probeer rem, en ook sy, die glinsteroog, swartkop prinsessie. Haar pa is by die huis en as hulle huil is dit die soet klank van oorvloed en geluk.

Die see neem en die see gee. Hierdie Kersfees sal daar om baie Kersbome 'n leë stoel wees wat onwillekeurig herinner aan 'n pappa seeman wat nie daar is nie. Vir ander sal die tyd vol soet klanke van oorvloed en geluk wees. Dalk is dit ook waar van u huisgesin – of dalk is daar ook 'n leë stoel ...

Maar weet dan dit ...Die Heiland is gebore. Vir elke seeman, vir my en ook vir u. Mag dit in hierdie tyd 'n troos wees as dit is wat nodig is, of die soet klank van oorvloed en geluk.

Dankie vir al ons vriende en donateurs se ondersteuning en gebede – sonder u kan ons nie hierdie werk van ons doen nie.