Daaglikse Skeepsbesoeke
Ons evangeliebedienaars gaan daagliks aan boord van skepe in al ses groot Suid-Afrikaanse hawens en ontmoet seemanne waar hulle woon en werk.

Wie Ons Is
Die CSO het ten doel om die Blye Boodskap van God se liefde oor te dra aan elkeen wat by die seevaart betrokke is. Daar is evangeliebedienaars in elkeen van die groot hawens van Suid-Afrika wat op 'n daaglikse basis na die geestelike nood van die seemanne op skepe omsien.
Ons Bereik
Lid van die International Christian Maritime Association — 'n sambreelorganisasie van hawesendingorganisasies wêreldwyd.
Ons Werk
Ons evangeliebedienaars gaan daagliks aan boord van skepe in al ses groot Suid-Afrikaanse hawens en ontmoet seemanne waar hulle woon en werk.
Ons sien om na die geestelike en emosionele nood van seemanne — met gebed, Bybels in hulle eie taal en pastorale ondersteuning.
Vrywilligers brei musse, serpe en handskoene vir ons seemanne vir daardie koue dae op see — 'n daad van liefde van die wal tot op die skip.
Bid asseblief vir ons werk. Sonder julle gebede sal ons werk nie moontlik wees nie. Word 'n gebedsvennoot en staan saam met ons.

Foto 1 van 2
Geloofs-Ambassadeurs
Rina Hugo, Johan van Rensburg en Carike Keuzenkamp is geliefde kunstenaars wat vir jare by die CSO betrokke is — met honderde konserte, oggendtees, eredienste en seniorburgervertonings waar die platform geskep is om die CSO bekend te stel.
Rina en Carike doen nie meer optredes nie, maar Johan saam met hulle seun, Riaan, doen nog seniorburgervertonings vir ons. Rina, Johan en Carike is ons amptelike Geloofs-Ambassadeurs. Hulle harte bly by hierdie sending geanker. Volg hulle op Facebook en hoor gereeld meer van die CSO se stories.
“Word vir ons 'n geloofsheld deur betrokke te raak — deur jou donasie, gebede of die Warmharte Projek.”

Foto 1 van 5
Uit die Hawe
OKT 4, 2026Die oggendmis lê grys oor Koega. Hyskrane krap bo teen die hemel en onder Danie se skoensole lê die kil beton van die kaai. In sy knapsak: Bybels en warm musse.
Lees volledige artikel: Onder die oggendmis in Koega.
SEP 18, 2026'n Moderne skip sorg vir kos, water, 'n bed, mediese sorg en selfs internet — byna alles. Maar daar is een honger wat geen skip kan stil nie.
Lees volledige artikel: Byna alles.
AUG 19, 2026Hoe Jy Kan Help
Jou donasie sal ons help om die seemanne elke dag te kan bedien: om aan boord van skepe te gaan, Bybels in seemanne se eie taal te versprei en warmte te bring deur die Warmharte Projek. Sonder julle gebede en ondersteuning kan ons werk nie voortgaan nie.