Skip to content
Christian Seaman's Organisation

Suid-Afrika

Ons Hawens

“Die CSO het ten doel om die Blye Boodskap van God se liefde oor te dra aan elkeen wat by die seevaart betrokke is.”

Kaapstad se hawe met skepe langs die kaai en Tafelberg agter

Hawe 01

Kaapstad

In 1944, het die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk in Kaapstad besef dat daar 'n ernstige behoefte was onder die seemanne wat die hawe besoek. Op 9 November 1944, het die gemeentes begin werk om voorsiening te maak vir die behoeftes van Nederlandse soldate en seemanne op pad na en van Indonesië. Toe is alle werk vrywillig gedoen.

Vir baie jare het net Hollandse skepe enige aandag gekry, maar dit het geleidelik baie duidelik geword dat daar groot geleenthede was vir sendingwerk onder ALLE seemanne in die Kaapstadse hawe. Sedertdien het die werk ten volle interkerklik geword en dit het geweldig gegroei.

Hawewerkers

Andrè Lammertyn

andrelammertyn89@gmail.com

Besoek Kaapstad

Durban se hawe, Suid-Afrika se grootste hawe, met vragskepe by die terminaal

Hawe 02

Durban

Sedert 1972 is daar daadwerklik gevorder met die werk in die hawe. Na Kaapstad, het Durban, Suid-Afrika se grootste hawe, die volgende hawe geword waar ons werk.

Hawewerkers

Chris Viljoen

Nico van Rensburg

csodbn@mweb.co.za

Besoek Durban

Gqeberha (Port Elizabeth) se hawe met hyskrane en gestapelde houers

Hawe 03

Gqeberha (Port Elizabeth) en Koega

In 1991 het ons begin werk in die Gqeberha(Port Elizabethse) hawe. Ons het begin met ’n deeltydse werker, maar die werk het gegroei tot 'n voltydse pos!

Ons het ’n kantoor naby die hawe waar die sendingwerker Bybels en ander literatuur kan hou, terwyl die kantoor ook gebruik kan word om met seemanne te gesels.

Ons het ons werksaamhede in 2010 in Koega hawe begin.

Hawewerkers

Danie Taljard

dtaljard@telkomsa.net

Besoek Gqeberha (Port Elizabeth) en Koega

Massavragskip langs die kaai in Richardsbaai se hawe

Hawe 04

Richardsbaai

Hoewel ons nie daar was om die eerste skip in die hawe te ontmoet nie, het ons kort na daardie aankoms, in Richardsbaai se hawe begin werk.

Hawewerkers

Loffie Schoeman

lofstel@mweb.co.za

Besoek Richardsbaai

Saldanhabaai se hawe met die massa-ertsterminaal se pier

Hawe 05

Saldanhabaai

Aan die einde van 1975 het ons besluit om ons eerste hawesending te open in Saldanhabaai. Ons was gelukkig om 'n afgetrede egpaar, wat verskeie tale kon praat, aan te stel.

Hulle het amptelik begin werk in 1976. Toe die eerste skip in die nuwe hawe vasmeer, was ons sendelinge daar om hulle te ontmoet en Bybels in hulle eie taal uit te reik. Ons het nou ’n predikant wat voltyds in die hawe werk.

Hawewerkers

Andrè Lammertyn

andrelammertyn89@gmail.com

Besoek Saldanhabaai