Christelike Seemansorganisasie
Finansiële Beleid
Die organisasie is totaal afhanklik van individue en organisasies se donasies. Die fondse word op 'n verantwoordelike manier benut om werk in die hawens te doen en om die administrasie doeltreffend te bestuur. Die organisasie se finansiële state word op 'n jaarlikse basis geoudit. Die fondse word gebruik om Bybels (die organisasie werk op die oomblik in sowat 106 tale), elektroniese media en ander literatuur aan te koop.
Op die oomblik het ons 5 voltydse hawe-sendelinge wat in die Suid-Afrikaanse hawens werk. Ons doen ons bes om aan die werkers 'n ordentlike inkomste te betaal. Ons probeer ook om hulle te laat inskakel by gemeentes (omdat die meeste van hulle predikante is) om hulle vergoeding aan te vul.
Die administratiewe kantoor is in Milnerton, Kaapstad en word beman deur twee voltydse werkers, Hettie Smith and Eleanor Weideman.
Die administratiewe kantoor ontvang alle donasies, doen beplanning en berei die finansiële state voor. Die Nasionale bestuur van die organisasie is ook in Kaapstad gesetel.
