Welkom by die Christelike Seemansorganisasie se webblad

Die CSO het ten doel om die Blye Boodskap van God se liefde oor te dra aan elkeen wat by die seevaart betrokke is.

Daar is evangeliebedienaars in elkeen van die groot hawens van Suid-Afrika wat op 'n daaglikse basis na die geestelike nood van die seemanne op skepe omsien. Gelowiges van baie verskillende taal- en kultuurgroepe is ons getroue ondersteuners, donateurs en medewerkers. CSO het ook internasionale bande met ander organisasies en is lid van die International Christian Maritime Association - 'n sambreelorganisasie van hawesendingorganisasies.

Geloofs-Ambassadeurs

Rina Hugo, Johan van Rensburg en Carike Keuzenkamp het geen bekendstelling nodig nie. Hulle is geliefde kunstenaars wat ons vir baie jare al vermaak. Al drie kunstenaars is vir jare betrokke by die CSO, nie net as kunstenaars wat vir ons optredes gedoen het nie, maar ook as donateurs.

In werklikheid was hulle, as gevolg van die feit dat hulle so in die openbare oog was, vir CSO so stil-stil ambassadeurs! Hulle het letterlik honderde konserte, oggendtees, eredienste en seniorburger vertonings vir ons gedoen waar die platvorm geskep is om CSO bekend te stel. Wat ‘n geseënde vennootskap. Ons is dankbaar. 

Omdat hulle nie meer optredes doen nie, het ons gevoel om hulle meer prominent op die voorgrond te plaas as ons GELOOFS-AMBASSADEURS (met hulle toestemming natuurlik). 

Dit beteken dat julle via hulle sosiale media bladsye (Facebook) meer gereeld ook van CSO se stories sal hoor. Gaan volg gerus vir Rina en Carike op hulle Facebook blaaie! Ons sien julle daar sowel as op ons Facebookblad en Instagramblad

En word assblief dan vir ons 'n geloofsheld deur ook betrokke te raak, hetsy deur jou donasie, gebede of warmharte projek.

Hier is Rina wat 'n bietjie praat oor ons werk.

Johan van Rensburg & Rina Hugo
Carike Keuzenkamp, Eleanor Weideman &  Rina Hugo
Rina Hugo & Carike Keuzenkamp

Jongste Nuus

Vreugde, vreugde, vreugde

Kyk net die vreugde op hierdie seemanne se gesigte. Dit oor iets wat vir u en my dalk alledaags...

Read More

Vrede op aarde via die mensen in wie Hy ’n welbehae het

Luister gerus na dr Wimpie van Schoor se persoonlike boodskap aan u.

Luister na Vrede op...

Here gee ons Vrede

Daar is weer nuus van ‘n nuwe oorlog in die lug, dit, terwyl ons nog beswaarlik herstel het van...

Lees verder Here gee ons...