Kaapstad
In 1944, het die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk in Kaapstad besef dat daar 'n ernstige behoefte was onder die seemanne wat die hawe besoek. Op 9 November 1944, het die gemeentes begin werk om voorsiening te maak vir die behoeftes van Nederlandse soldate en seemanne op pad na en van Indonesië. Toe is alle werk vrywillig gedoen.
Vir baie jare het net Hollandse skepe enige aandag gekry, maar dit het geleidelik baie duidelik geword dat daar groot geleenthede was vir sendingwerk onder ALLE seemanne in die Kaapstadse hawe. Sedertdien het die werk ten volle interkerklik geword en dit het geweldig gegroei.