Durban
Sedert 1972 is daar daadwerklik gevorder met die werk in die hawe. Na Kaapstad, het Durban, Suid-Afrika se grootste hawe, die volgende hawe geword waar ons werk.
Hoewel ons nie glo in belegging in bakstene en sement nie, eerder in die Woord, kon ons nie anders as om ’n huis naby die hawe te koop om ons kantoor te huisves nie. Ons kon nie enige geskikte plek in die hawe kry om al ons voorraad te hou en die administrasie te hanteer nie.
Ons tuisadres, as u ons wil besoek, is Suite 2, Mialab Mansions, Claribelweg 85, Morningside, Durban. Tel +27 66 439 3159.