Saldanhabaai
Aan die einde van 1975 het ons besluit om ons eerste hawesending te open in Saldanhabaai. Ons was gelukkig om 'n afgetrede egpaar, wat verskeie tale kon praat, aan te stel.
Hulle het amptelik begin werk in 1976. Toe die eerste skip in die nuwe hawe vasmeer, was ons sendelinge daar om hulle te ontmoet en Bybels in hulle eie taal uit te reik. Ons het nou ’n predikant wat voltyds in die hawe werk.